Gepubliseer op Maak 'n opmerking

Antwoorde vir vrae agterin Sprankie

Sprankie is die eerste Afrikaanse kinderboek uit my pen. Agterin hierdie boek is twintig vrae oor die storie. Hier is moontlike antwoorde vir die vrae. Onthou asseblief dat ander antwoorde moontlik is.

Sprankie is in die winkel beskikbaar, loer onder Afrikaanse leesboeke.


  1. Katryn woon op ’n groot plaas saam met haar ouers.
  2. Sy voel eensaam omdat sy geen broers, susters of maats het nie en haar ouers is altyd besig.
  3. Sy wens sy kon ’n boetie of sussie hê om mee te speel.
  4. Die bure se kinders is al groot en bly in die koshuis.
  5. Haar ma waarsku haar om nie te naby aan die plaasdiere te gaan nie, want hulle kan haar seermaak.
  6. Die diere is lief vir haar, maar hulle kan nie haar regte maats wees nie, want hulle kan nie praat nie.
  7. Sprankie ontstaan uit Katryn se verbeelding toe sy onder die ou eikeboom sit en droom oor ’n maatjie.
  8. Sprankie het blink vlerkies soos ’n naaldekoker , ’n lang stert wat soos diamante skitter en ‘n pastelkleurige lyfie.
  9. Die klokkie simboliseer hul vriendskap en verbondenheid.
  10. Hulle het ’n kodetaal — een klingel van die klokkies beteken dit is speeltyd.
  11. Hulle eerste avontuur begin in die tuin tussen die sonneblomme.
  12. Hulle “skat” is ’n lieweheersbesie, wat hulle leer dat sommige skatte nie saamgevat moet word nie.
  13. Sy leer dat sy nie meer bang is vir die donker en weerlig nie — sy het grootgeword en dapper geword.
  14. Sprankie is bang vir die lawaai van die donderweer en wil by Katryn skuil.
  15. Teen die einde is Katryn gelukkig, vol selfvertroue en nie meer eensaam nie.
  16. Klara is die nuwe dogtertjie wat op die buurplaas kom woon, Katryn se ma het haar genooi om te kom kuier.
  17. Klara lag nie vir Katryn nie; sy aanvaar Sprankie asof hy werklik is.
  18. Klara is meer selfversekerd en nuuskierig, terwyl Katryn aanvanklik skaam en dromerig is.
  19. Katryn leer dat ware vriendskap en aanvaarding net so belangrik is soos verbeelding.
  20. Die belangrikste boodskap is dat verbeelding en ware vriendskap ’n mens se eensaamheid kan genees.