Gepubliseer op Maak 'n opmerking

Selfplagiaat en hersirkulering in die akademie

Ek het tydens my nadoktorale genootskap by Unisa vrywilliglik op die etiese kommitee gedien, met die gevolg dat ek onder die leiding van een van die bekwaamste akademici opgelei is in die noodsaaklikheid van etiese navorsing. Tydens hierdie tydperk het die biblioteek kursusse aangebied oor plagiaat, die gevolge daarvan en hoe plagiaat vermy kan word. Een van die vorms van plagiaat wat te alle tye vermy moet word, is selfplagiaat, wat ook as hersirkulering bekend staan. Ek gaan die twee terme egter afsonderlik bespreek aangesien daar effense verskille is.

Selfplagiaat

Selfplagiaat verwys na die hergebruik van eie werk (of dele daarvan) wat reeds elders ingedien, gepubliseer of geëvalueer is, sonder om dit duidelik te erken of toestemming te verkry om dit weer te gebruik. Met ander woorde,as die persoon eie vorige werk as nuut voorhou, sonder verwysing na die oorspronklike bron.

Met ander woorde, dit is oneties om ‘n hele artikel, of groot dele daarvan, voor te hou as nuwe werk, terwyl dit reeds voorheen ingedien, gepubliseer of geëvalueer is. Dit is in elk geval oneties om groot dele van enige werk wat voorheen gepubliseer, ingedien of geëvalueer is (studente se take), verbatum aan te haal. Selfplagiaat het ernstige gevolge vir student, akademici en navorsers wat uitgevang word.

Studente kan druip en manuskripte kan tydens die keuringsproses afgekeur word. Indien ‘n artikel reeds gepubliseer is, kan dit onttrek word. Dit is dus duidelik dat hierdie vorm van plagiaat ernstige gevolge vir die aangeklaagdes kan inhou. Dit is noodsaaklik om hierdie vorm van akademiese oneerlikheid te vermy, daarom bied ek ‘n voorbeeld om ander te help om te verstaan waarom dit onetiese gedrag is.

Voorbeeld 1: ’n Student dien ’n opstel in vir ’n kursus in 2025. Dit bevat egter groot dele van ’n vorige opstel bevat wat hy of sy in 2024 vir ’n ander module ingedien het. Die skuldige party sê egter nie dat die werk reeds vroeër gebruik en geëvalueer is nie. Al is dit die student se eie woorde, is dit steeds selfplagiaat omdat dit as nuwe werk voorgestel word. Dit is ook oneerlik omdat die student verwag het om weereens punte vir dieselfde werk te verdien.

Voorbeeld 2: Akademici word tans onder druk geplaas om te publiseer. Indien die navorser dele van sy of haar vorige gepubliseerde artikels in ‘n nuwe artikel herhaal om publikasies op te jaag, sonder om na die vorige werk te verwys, is dit selfplagiaat. Indien die navorser egter na die artikels verwys, is dit korrekte etiese optrede en nie selfplagiaat nie.

Dit is dus baie duidelik dat die nie selfplagiaat is as die skrywer na sy of haar eie vorige werk verwys nie. Indien so ‘n skrywer van selfplagiaat beskuldig word, moet die probleem onmiddellik aagespreek word aangesien vals beskuldigings die betrokke persoon se loopbaan kan skaad.

Hersirkulering

Hersirkulering verskil so effens van selfplagiaat aangesien dit merendeels in akademiese kontekste voorkom.

Hersirkulering verwys na die praktyk waar ’n student of navorser dieselfde of byna dieselfde stuk werk (of ’n groot gedeelte daarvan) vir meer as een kursus, assessering of publikasie gebruik, sonder om toestemming te vra of dit duidelik aan te dui. Dit word dikwels as ’n vorm van selfplagiaat beskou, omdat die betrokke persoon werk hergebruik wat reeds vir ’n ander doel ingedien of geëvalueer is.

Uit die definisie blyk dat dit ‘n ernstige probleem is omdat die persoon eintlik ook oneerlik is. Indien daar egter na die vorige werke verwys word, met ‘n bronnelys daarby, is dit nie hersirkulering nie. Die aangehaalde gedeeltes moet egter met sorg aangedui word, en aanhalingstekens moet gebruik word indien die gedeeltes verbatum aangehaal is.

Voorbeeld 1: n Student het in 2024 ’n navorsingsverslag oor waterbesoedeling in Suid-Afrikaanse riviere vir die vak Omgewingswetenskap 201 geskryf. In 2025 gebruik dieselfde student groot dele van daardie verslag — insluitend die inleiding, metode en resultate — vir ’n nuwe opdrag in Omgewingsbestuur 301, sonder om die dosent in te lig of na die vorige werk te verwys.

Voorbeeld 2: ‘n Navorser gebruik presies dieselfde datastel om verskeie artikels te skryf, waarin presiese aanhalings gebruik word om ‘n nuwe teorie/idee te bevestig, sonder om te verwys na vorige werke waar die gedeeltes ooreenstem.

Dit is dus noodsaaklik om jouself teen ‘n aanklag van selfplagiaat te beskerm.

Hoe kan ek selfplagiaat vermy?

Die belangrikste metode is om deeglik na vorige werk te verwys, met jou werke in die bronnelys opgeneem. Indien die navorser daarna van selfplagiaat verdink word, kan die artikel in Turnitin gevoer word om die aanklag teen te staan.

Sommige navorsers het nie ‘n niche nie. Hulle doen, gewoonlik saam met hulle studente, navorsing in ‘n wye verskeidenheid velde. Dit maak dit vir hulle moeilik om in opvolgartikels na vorige artikels te verwys omdat daar geen raakpunte is nie. Dit beteken egter nie dat hulle nie selfplagiaat kan pleeg nie aangesien teorieë, metodes en die inleiding woordeliks in die volgende artikel herhaal kan word. In sodanige gevalle moet die skrywer deeglik na vorige werke verwys om selfplagiaat te vermy. Teorieë en metodes kan ook in opvolgartikels beter beskryf word, met beter verwysings gemotiveer word. Dit is nie ‘n vorm van selfplagiaat om gereeld dieselfde teorie of metode te gebruik nie, dit is selfplagiaat as die skrywer nie verwys na dele wat uit ander artikels aangehaal is nie.

Ander navorsers het vir hulle ‘n niche geskep. Hierdie niche moet versigtig hanteer word aangesien daar min ander is wat in die veld werk. Hulle werk bou op vorige werk en daarom is hulle basies verplig om na hulle vorige werke in opvolgstudies te verwys. Indien nie, is dit selfplagiaat aangesien die nuwe artikel voorgehou word as nuwe werk. Hierdie navorsers kan maklik in die spervuur kom indien ‘n keurder nie die verskil tussen verwysings na eie werk (etiese praktyk) en selfplagiaat (verwys nie na vorige werk nie, maak of dit nuwe werk is) ken nie.

‘n Voorbeeld van hoe selfplagiaat vermy kan word

Ek doen besonder baie moeite om deeglik te verwys om nie van enige vorm van plagiaat beskuldig te kan word nie. Verwysings dui daarop dat jy met die veld bekend is, maar ook dat jy baie seker gemaak het dat jy nie woordeliks uit ‘n ander bron herhaal het nie. Veral nie as jy na jou eie vorige werk verwys nie. Ek is besig om ‘n model te ontwikkel wat onderwysers en dosente kan gebruik om pro-aktief te bepaal of ‘n generatiewe kunsmatige intelligensie hulpmiddel ‘n leertaak met gemak sou kon verrig. Die bruikbaarheid van hierdie teoretiese model is oor verskeie studies heen getoets, maar die model is ook verder ontwikkel tot op die punt wat ek daarmee tevrede is. Alhoewel my van dus in die nuutste manuskrip verskeie kere voorkom, het ek nie op ‘n enkele bron staatgemaak nie. Daarvan getuig die rits verskillende datums wat daarop dui dat ek na verskillende bronne verwys. Die belangrike punt wat ek maak, is dat ‘n manuskrip, waarin die skrywer na sy of haar vorige werk verwys, nie ‘n voorbeeld van selfplagiaat is nie. Dit sou wel wees indien ek nie dat die vorige studies verwys het nie. Weens die aard van die navorsing, moet ek na elke artikel in opvolgnavorsing verwys aangesien die model verder ontwikkel is, maar ook omdat die uitslae van die model verskil afhangende van die navorsingsveld waarin die navorsing gedoen is. Ek som dus kortliks die artikels op om aan te dui hoe ek selfplagiaat vermy het.

Voorloper 1: ChatGPT: Vriend en vyand in die Geografie-klaskamer? Implikasies vir die praktyk (2023l)

Ek het in hierdie artikel ‘n die behoefte aan ‘n voorspellingsmodel geïdentifiseer, maar kom ek lig eers sy elemente uit:

Konseptuele raamwerk: Geografie-vakdidaktiek, ChatGPT (3.5), kunsmatige intelligensie, bruikbaarheid van ChatGPT in hoëronderwyskontekste, moontlikheid dat plagiaat gepleeg kan word, doeltreffendheid van KI-opspoorders, ontwrigtende tegnologie.

Teoretiese raamwerk: aannames oor metodes wat die aanneem en gebruik van die GenKI kan beïnvloed – relatiewe voordeel, verenigbaar met behoeftes, beproefbaar, waarneembare resultate, maklik om te gebruik, bevorder werksverrigting, en bruikbaar (7 faktore).

Metodologie: Aksienavorsing. ChatGPT as deelnemer aan die navorsing, onderwerpe vir gesprekke, gemengde metodes (lees antwoorde, bepaal of dit korrek is, soek foute, gryp in deur meer vrae te vra) en die kwantitatiewe resultate van die KI-opspoorders, Etiese klaring – my universiteit.

Bevindinge – (1) ChatGPT kan in Geografie vakdidaktiek klaskamers vriend en vyand wees aangesien dit leer kan bevorder, maar ook plagiaat kan bekamp. (2) Al sewe faktore kan die aanneem van die GenKI bevorder, (3) die KI-opspoorders is nie doeltreffend nie, daarom moet stelsels in plek gestel word om plagiaat te bekamp.

Voorloper 2: ‘n Proaktiewe strategie om plagiaat met behulp van ChatGPT-3.5 te bekamp: ‘n Verkennende ondersoek (2023)

Konseptuele raamwerk: Ontwrigtende kletsbot, Plagiat en ChatGPT-plagiaat, vorms van plagiaat, Faktore wat plagiaat bevorder, omvang van plagiaat in hoëronderwys, moontlikheid dat ChatGPT dit makliker kan maak om plagiaat te pleeg, nuwe deinisie vir plagiaat, doeltreffendheid van huidige strategieë om plagiaat te bekamp, behoefte aan strategie om plagiaat te bekamp.

Teoretiese raamwerk: Aannames oor faktore wat die aanneem van ‘n GenKI kan bevorder, nuwe benadering tot bekamping van ChatGPT-plagiaat. Maak miinder bruikbaar, laat leerders uit ervaring leer dat GenKIs foute maak.

Metodologie: Hoë risiko verkennende ondersoek, gemengde metodes data insamel, plagiaatopspoorders

Bevindinge: ChatGPT-3.5 het beperkings, sukkel om twee teenoorstaande idees te beredeneer, presteer nie goed in Geesteswetenskappe nie, kan nie inteksverwysings doen nie, versin skakels, kan slegs teks skep. Die KI-opspooorders is nie doeltreffend om plagiaat te bekamp nie.

Aanbevelings: Proaktiewe strategie om plagiaat te beperk.

Voorloper 3: ChatGPT-3.5 kan kort Afrikaanse gedigte skep en verdedig: Implikasies vir die praktyk (2023)

Konseptuele raamwerk: KI en KAI, taalmodelle, kokreatiewe digkuns versus KI-digkuns, outeurspoëtiek, outeurskap en plagiaat, faktore wat gebruik van ‘n digtende GenKI kan dryf (soos in Voorloper 1 (relatiewe voordeel, verenigbaar met behoeftes, beproefbaar, waarneembare resultate, maklik om te gebruik, bevorder werksverrigting, en bruikbaar = 7 faktore.

Metodologie: Verkennende gevallestudie, kwalitatiewe data.

Bevindinge: (1) ChatGPT-3.5 kan gedigte skryf, maar maak foute. (2) Al sewe faktore kan die aanneem van die genKI bevorder.

Aanbevelings: bied strategieë vir verantwoordelike gebruik en hoe plagiaat bekamp kan word.

Die artikels wat tydens die ontwerp en ontwikkeling van die model geskryf is, word vervolgens bespreek om aan te dui hoe ek selfplagiaat bekamp het.

Artikel 1: Artificial Intelligence Adoption prediction model (AIAPM): Would ChatGPT-3.5 be adopted in English poetry classrooms (2023)

Teoretiese raamwerk: Soorte gedigte, analise van gedigte, ChatGPT-3.5 en plagiaat, ‘n leergeoriënteerde benadering tot assessering, Die model (sien volgende opskrif)

AIAPM (KIAVM): Bespreek die ontwerp van die model, bevat 9 faktore wat die aanneem van ‘n GenKI kan bevorder (toetsbaarheid, voordeel bo status quo, pas met behoeftes van gebruikers, waarneembaarheid van resultate, gemak van gebruik, bruikbaarheid, lae inset benodig. hoë gehalte uitset, mensagtige interaksie. Bied ‘n baie eenvoudige voorstelling van die model.

Van Staden (2023)

Metodologie: Verkennende gevallestudie, motivering van keuse van die gedigte, samel kwantitatiewe data in.

Bevindinge: 1) ChatGPT-3.5 kan tot ‘n groot mate gedigte skryf en sy eie gedigte verklaar (acrostic, haiku, sedoka, ballade, satiriese gedig, maar dit maak foute en kan nie rymskemas verbeter nie. Dit kan ook bekende Engelse gedigte redelik goed ontleed. 2) Al die faktore van die KIAVM kan opneem bevorder, daarom moet beleid en strategieë in plek gestel word om plagiaat te bekamp.

Aanbevelings: Fokus op die beperkings om plagiaat te bekamp, moenie gedigte versoek wat die GenKI gemaklik kan skep nie, versoek dat dit die gedigte bespreek aangesien dit foute maak, motiveer studente om dit te gebruik, hulle moet self ervaar dat dit nie te maklik vertrou moet word nie.

Artikel 2: Bruikbaarheid van ChatGPT-4V(ision) om lugfoto’s te ontleed, dryfvere wat die opneem daarvan kan bevorder en implikasies vir Geografie-klaskamers (2024)

Teoretiese agtergrond: Swak slaagsyfer van Geografie leerders, lugfoto’s, ChatGPT-4V, keuses vir gesprekke met ChatGPT-4V, literatuurbevindinge oor die bruikbaarheid van GenKI om lugfoto’s te ontleed, vind gaping.

KIAVM. Beperk selfplagiaat deur die KIAVM op te som en na die voordruk (primêre bron) te verwys waarin die ontwerp volledig bespreek is. Verbeter die visuele voorstellig, dui aan dat 1 punt toegeken word vir elke positiewe antwoord (dat ‘n faktor die aanneem van die model kan bevorder).

Van Staden (2024)

Metodologie: Verkennende gevallestudie, kwalitatiewe data – die GenKI se antwoorde, kwantitatiewe data – resultate van die KIAVM.

Resultate: (a) ChatGPT-4(V) kan bruikbaar wees om lugfoto’s te ontleed, maar dit kan ook foute maak. (b) agt van die faktore van die KIAVM kan gebruik van die GenKI bevorder, negende een beperk toegang omdat die model nie gratis beskikbaar is nie.

Bevindinge en aanbevelings: Sterk en swak punte van ChatGPT-4(V), kan gedifferensieerde onderwys bevorder, kan toegang tot goeie hulpmiddels bevorder, kan akademiese oneerlikheid bevorder.

Artikel 3: Strategieë om lewensvaardighede te ontwikkel terwyl Geografie-leerders ChatGPT-4o gebruik om kontoerkaarte te vertolk (2025)

Teoretiese raamwerk: Koöperatiewe leer, Selfregulerende en selfgerigte leer

Metodologie: Multifase gemengdemetodes ontwerp, verkennende gevallestudie, kwantitatiewe studie (KIAVM), ontwerp strategieë

KIAVM – Bied NIE ‘n visuele voorstelling van die model nie, verwys na vorige navorsing. Bied model in tabelformaat aan om die stappe te bespreek. Toepassing – vind dat 7 van die faktore die gebruik kan dryf. Pas die model aan: Gee 1/2 punte in gevalle waar ‘n faktor nie ‘n definitiewe ja of nee antwoord het nie.

Resultate: ChatGPT-4o is bruikbaar, maar kan kontoerkaarte nie so maklik vertolk nie. Dit maak foute. DM is bruikbaar om te voorspel dat die model gebruik kan word,

Strategieë: Ontwikkel lewensvaardighede soos vermoë om doeltreffend in groepe saam te werk, self en aktiwiteite te bestuur, vermoë om leerstrategieë te verken,

onlangs ‘n model ontwerp het en oor verskeie artikels ontwikkel het. Aangesien ek in die heel onlangste artikel na verskeie van die artikels verwys het, kan ‘n onkundige keurder, wat nie die verskil tussen verwysings na eie werk en selfplagiaat ken nie, dit as selfplagiaat is. Soos reeds genoem

Artikel 4: Geography’s ability to interpret topographic maps and orthophotographs, adoption prediction and learning activities to promote responsible usage in classrooms (2025)

Teoretiese raamwerk: Geography chatbot (it is the title of a bot), topographic maps and orthomap interpretation skills,

AIAPM ingevoer in paragraaf: Factors impacting on adoption of AI in classrooms (opsomming van AIAPM) en verwys na bevindinge van drie vorige studies), geen visuele voorstelling nie.

Metodologie: multifase gemengde metodes, verkennende gevallestudie, kwantitatief = AIAPM, ontwerpgebaseerde navorsing om strategieë voor te stel.

Resultate: (a) Geography is in ‘n mate bruikbaar, kan dus plagiaat bevorder, maar maak ook foute. (b) 5 van die faktore kan gebruik beslis bevorder, 4 kry net 1/2 punte (lae inset, bruikbaarheid, toetsbaarheid en waarneembare resultate)

Aanbeveling: Leeraktiwiteite om verantwoordelike gebruik te bevorder, soos byvoorbeeld om afstande te bereken, intersigbaarheid te bepaal, en soortgelyke aktiwiteite.

Artikel 5: ChatGPT’s poem writing, justification and analysis skills, adoption driving factors, and strategies for responsible usage in English poetry classrooms (2025).

Teoretiese raamwerk: ChatGPT-3.5 versus ChatGPT-4o (Hierdie artikel se voordruk is die eerste artikel, daar het egter soveel tyd tussen indien en publikasie verbygegaan dat ek verskeie aanpassings moet maak om relevant te bly), ChatGT se moontlike rol in klaskamers, a need to promote responsible use of chatbots in poetry classrooms (verwys na die preprint en die kort Afrikaanse gedigte artikels ook).

Metodologie: Multifase gemengde metodes, twee kletsbotte as deelnemers, motivering vir keuse van gedigte. Aangesien so baie tyd verloop het, is ChatGPT-4o gebruik om te kyk of dit beter model as ChatGPT-3.5 is. Ek het slegs op foute gefokus, maar bied nuwe insig in die modelle se bruikbaarheid.

KIAVM: Die AIAPM is opgesom, met verwysings na die faktore wat in die model opgeneem is – voorheen was dit net 7, nou i die KIABVM in die artikel aangesien hy intussen in drie artikels verbeter is). Die model is ook verbeter deur aan te dui dat halwe punte toegeken word, soos in die vorige artikel nodig gevind is.

Van Staden 2025

Resultate: ChatGPT-3.5 en ChatGPT-4o kan bruikbaar wees, misbruik word om plagiaat te bevorder, maar maak steeds foute. KIAVM – al nege faktore kan die opneem van die GenKIs bevorder, mits leerders toegang tot die betaalweergawe van ChatGPT het.

Pedagogical implications, strategies for responsible use: Kan as primêre outeur ingespan word dat leerders met dit kan gesels oor sy gedigte, moet egter seker maak dat nie plagiaat kan pleeg nie: Vra justifications, vra om gedigte in geskrewe formaat aan te bied, fokus op ontwikkeling van vaardighede soos selfgerigte leer en die vermoë om in groepe te werk, fokus op wat die GenKI’s nie kan doen nie, versoek justifications, want die GenKIs sukkel, moedig aan om model te gebruik om gedigte te skep, betrek leerders as self- en portuurevalueerders, gee vinnige terugvoer om leer te bevorder.

Artikel 6: Die moontlike nut van ChatGPT en DeepSeek om Afrikaanse taboetaal te onderrig, faktore wat die gebruik van die swetsbotte kan dryf en implikasies vir die onderwys (by taalversorging, 2025????)

Konseptuele raamwerk: taboewoorde en swets, kletsbotte, porre, response, moontlikheid dat opleidingsdata swetswoorde bevat, metodes om te verhoed dat kletsbotte swets, faktore wat gebruik van ‘n nuttige kletsbot kan bevorder, strategieë om taboetaal in skole te beperk.

Metode: Multifase gemengde metodes, keuse van deelnemende kletsbotte, kwalitatiewe en kwantitatiewe metodes om data in te samel.

KIAVM – aanpassing en verbetering van die visuele model, voeg tiende faktor by, pas aksieskaal aan, verander titel na aangepaste KIAVM of KIAVM-II.

Aangepaste KIAVM of KIAVM-II (Van Staden 2025??)

Resultate: (a) Beide kletsbotte kan gedwing word om te swets, moet onder toesig gebruik word en nie in klasverband nie. (b) Vyf faktore kan die gebruik van die twee kletsbotte bevorder vir etiese gebruik, die res is onseker, dus halwe punte. Al die faktore kan die gebruik vir etiese doeleindes bevorder omdat die kletsbotte besonder maklik gedwing word om te swets.

Implikasies vir die onderwys: (Nog) nie geskik om taboetaal te onderrig, kan moontlik nuttig wees om taboetaal in senior klasse te onderrig. Beveel aan dat lewensoriëntering en Afrikaans vakgebied onderwysers betrek word om taboetaal te beperk (met behulp van ‘n GenKI.

Artikel 7: Bruikbaarheid van ChatGPT-4o tydens juweliersontwerp en faktore wat die gebruik daarvan kan dryf: Riglyne vir verantwoordelike gebruik tydens die opleiding van juweliers (goedgekeur, hang in proses)

Teoretiese raamwerk: generatiewe KI, moontlike rol tydens die ontwerpproses, etiese, wetlike en moreleimplikasies van GenKI, vaardighede wat in RSA klaskamers ontwikkel moet word, moontlike toepasbaarheid tydens die ontwerpproses, KIAVM-II.

KIAVM-II: som die model op, verwys na vyf gepubliseerde artikels waarin dit bruikbaar gevind is (6de een kan bygevoeg word, is so pas goedgekeur – veral omdat model tydens dié studie weereens aangepas is. Verwys na die model in die artikel onderaan die visuele model (eties).

Metodologie: keuse van geskikte model, multifase gemengde metodes navorsing, kwalitatiewe en kwantitatiewe data – bespreek die porre en die maatstawwe vir ontleding van ontwerpe.

Resultate: (a) Bruikbaar tydens verskeie fases van die ontwerpproses, maar dit moet baie goed gelei word om oorspronklike ontwerpe te skep. Dit kan ook in ‘n mate ‘n juwelier se ontwerpe visualiseer, en ‘n redelike ontwerpplan skep. Het kundige juwelier bodig om die te lei, dit kan CAD onnodig maak, dit neem nie praktiese uitvoerbaarheid in ag nie, gevorderde poringenieurswese is noodsaaklik om dit met iteratiewe porre te lei, sy massiewe opleidingsdata maak dit moontlik om goedgedokumenteerde style goed na te boots, dit kan basiese plan vir vervaardiging skep, maat moet krities beoordeel word. (b) Nege van die tien faktore van die KIAVM-II kan die aanneem van die model bevorder.

Riglyne vir verantwoordelike gebruik

Bruikbaar tydens die eerste fase van die proses omdat dit foute maak – stereotipeer, Studente kan individueel of in groepe die ontwerpe bestudeer en kritiseer, kan studente versoek om verskillende style te kombineer aangesien dit onkonvensionele style beter ontwerp, Studente moet genoeg geleenthede kry om poringenieurswese vaardighede te ontwikkel, Kan produktiwiteit verhoog en kostes verlaag, kan tot die ontwikkeling van verskeie SAKO vaardighede bydra.

Gevolgtrekking

Indien ‘n navorser bedag is op die moontlikheid van selfplagiaat, kan hy of sy ‘n model ontwerp, toets en ontwikkel en in opvolgartikels na al die vorige artikels verwys, sonder om selfplagiaat te pleeg. Die teoretiese grondslae verskil, die verskeie modelleis getoets. Die moontlike bruikbaarheid van die GenKIs is in verskeie kontekste getoets. Die resultate toon oor al die studies heen dat die KIAVM-II ‘n bruikbare model is om te bepaal of ‘n GenKI gebruik kan word om spesifieke take te verrig.

Kan ek een van die vorige studies uitlaat? ‘n Besliste nee, die model is ontwerp en ontwikkel oor verskeie studies heen. Verder verskil die uitslae gebaseer op die tipe vakgebied en die tipe response wat versoek is.

Is die die regte manier om selfplagiaat te bekamp? Inderdaad.

Kan ek van selfplagiaat aangekla word? Nee, ek het in al die artikels na die vorige artikels verwys. Plus, ek het nie dele aangehaal nie, ek het nuwe gebruiksmoontlikhede ondersoek.

Wat moet ek doen as ek valslik van selfplagiaat beskuldig word?

Maklik. Voer die artikel in Turnitin in, kry die verslag, gaan die ooreenkomste na, en dui ooreenkomste op ‘n verslag aan. Verduidelik waarom elkeen daarvan nie as selfplagiaat beskou kan word nie. Onthou – Turnitin kry ooreekomste, ooreenkomste is nie noodwendig plagiaat nie. Indien die faktore van die KIAVM uitgelig word, beteken dit basies dat die faktore reg herhaal in in die nuwe artikel.

‘n Vals beskukdiging van selfplagiaat kan nie daar gelaat word nie. Dring daarop aan dat die verslag reggemaak word, dring daarop aan dat die foutiewe verslag vernietig word. Aantygings van (en skuldig bevinding van) plagiaat – hesty algemene plagiaat of selfplagiaat – is ‘n ernstige oortreding. Maak seker dat valse aanklagte teriggetrek word, dit kan ernstige skade aan loopbane berokken.

Ek geniet navorsing omdat ek in die etiese aspekte daarvan opgelei is. Maak seker dat jy opleiding ontvang. Ek help graag, oorweeg om ‘n kursus daaroor aan te bied. Onkundigheid kan nie loopbane verwoes nie!

Maak 'n opvolg-bydrae

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui