Gepubliseer op Maak 'n opmerking

Wat kan jy van XVii Konsultant verwag?

Die doel van hierdie aanlynwinkel is om hulpbronne vir onderwysers, tuisonderwysers en leerders beskikbaar te stel wat nie deur kurrikula beperk word nie. Die fokus is due nie noodwendig op belyning met kurrikula nie, maar eerder op gapings in die onderwys. Ek fokus op my spesialiteitsgebiede, naamlik Afrikaans, Geografie, opvoeding en navorsing, natuurlik ook in Afrikaans.

Afrikaanse leesboeke

Dit is kommerwekkend dat ons Suid-Afrikaanse leerders so swak presteer met betrekking tot lees- en begripvermoëns. Een van die redes daarvoor is dat woordeskat nie betyds uitgebrei word nie. Woordeskat word van vroeg af aangeleer, daarom moet kinders (en leerders) aangemoedig te word om meer te lees as wat in klaskamers aangebied word. Vir die doel het ek besluit om self Afrikaanse leesboeke te skryf, maar ook om hulpbronne te ontwikkel om te help om die leesboeke vir leerders oop te sluit. Ek beplan om verskeie soorte bronne te ontwikkel, hou hierdie webwer dus dop!

Die fokus is op ontsluiting van die boeke, maar ook op taalgebruik en die uitbreiding van woordeskat. My wens is dat hierdie leesboeke ‘n lus vir lees sal aanwakker.

Afrikaanse gedigte

Die doel is om leerders aan gedigte bekend te stel wat nie in ander boeke aangetref word nie. Vir dié doel het ek digters se hulp ingeroep om gedigte te skryf, terwyl ek hulpbronne vir die gedigte ontwerp het. Ek beoog ook om hier ‘n bydrae te maak om Afrikaans te bevorder, maar vir eers is dit neg ‘n gedagte.

Afrikaanse hulpbronne

Die leesboeke skep die geleentheid om taal uit te brei, daarom ontwikkel ek ook taaloefeninge gebaseer op die leesboeke. Onderwysers kan besluit watter hulpbronne hulle benodig, maar ek bed ook ‘n pakket aan wat al die hulpbronne vir ‘n spesifieke boek bevat om koste-doeltreffendheid te bevorder. Ek fokus egter ook op ander afdelings van Afrikaans.

Geografie hulpbronne

Dit is ook kommerwekkend dat leerders Geografie los sodra hulle kan. Een van die redes daarvoor is dat leerders met kaartwerk sukkel, swak punte kry en dan eerder ‘n ander vak neem. Geografie is een van die vakke wat die meeste op alledaagse lewe relevant is, vanaf redes waarom dit reën of nie, waarom berge lyk soos hulle lyk, waarom mense op spesifieke plekke hulle huise bou tot by die beplanning van ‘n staproete. Aangesien kaartwerk en praktiese werk maklik is as leerders dit eers verstaan, fokus ek op die ontwikkeling van hierdie vaardighede.

Weens my liefde vir Geografie, is die natuur ook karakters in die leesboeke. Die doel daarvan is om geografiese verskynsels op ‘n manier te verduidelik wat kinders sal verstaan, maar ook nuuskierig oor hierdie vakgebied kan maak.

Akademiese skryfwerk

Ek geniet akademiese skryfwerk baie en word gereeld versoek om artikels en hoofstukke te beoordeel. Verder tree ek ook gereeld as kritiese leser vir PhD’s, M’e en akademiese artikels en die National Research Fund op. Indien jy my hulp nodig het, kan jy my kontak. Kostes word op hierdie bladsy uiteengesit.

Lewer gerus kommentaar, ek sal graag van jou hoor!

Maak 'n opvolg-bydrae

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui